Die Investgold Jong Arende het elk vier wedstryde gespeel en hul borge het gesorg dat die seuns op en van die veld baie netjies vertoon het. Die borg, Investgold, wat 50 truie en 88 broekies op 'n baie kort kennisgewing vir SWD voorsien het, verdien ‘n pluimpie. Eweneens moet Top Gear, wat die klere binne 'n baie kort tydjie aan SWD kon verskaf, bedank word.
Wat die uitslae betref, het dit uitstekend met SWD gegaan. Die seuns het goed presteer en die beste in jare gevaar. Die SWD B-Span het twee van die vier wedstryde gewen en het baie goeie rugby opgedis, teen die magtige WP het die spannetjie egter gesukkel.
Die Investgold SWD - A Span het egter vir verras en drie van die vier wedstryde gewen, eerste met Grens 32 - 10 platgeloop , Boland 7 - 5 gewen , vir OP 17 - 8 verslaan en teen WP 17 - 3 verloor. Dit terwyl WP die ander provinsies almal met 40+ punte gewen het.
Die nuwe 0/12 SWD Investgold Arende vlieg hoog en daar is 'n groot verbetering vergeleke die vorige jare se uitslae.
.jpg)
Die SWD B-Span het twee van die vier wedstryde twee gewen en het baie goeie rugby opgedis.