Gallery
MOSSELBAAI RUGBY NUUS - Barbarians se spelers het die afgelope naweek die spelers van Silver Stars 'n les in rugby geleer.
Geen genade is betoon nie, en die Mosselbaaiers kraai koning met 72-7.
Een van die uitblinkers van Barbarians was Jerome Fillies wat skitterspel gelewer het.
Hy is met drie drieë beloon en het 'n groot aandeel in die wenspan se groot puntetotaal gehad.
Barbarians se volgende wedstryd is op 3 Augustus by die D'Almeida-stadion teen Groot-Brakrivier, wat op die oomblik met een punt voor Barbarians lê op die punteleer.
Die wedstryd gaan nie net bepalend wees vir 'n semi-finaal plek nie, maar 'n derbie wedstryd wat altyd vir vuurwerke sorg.
Hélin Pietersen lê aan pale toe. Foto: Angus Muller
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'