Gallery
SUID-KAAP RUGBY-NUUS - Die SWD Arende het vir die eerste keer sedert 2010 die eindstryd van die Curriebeker se Eerste Liga gehaal toe hulle die Griffons verlede Vrydagaand op 'n nat Outeniquapark met 22-6 geklop het.
Die eerste helfte was nie watwonders nie en albei spanne het mekaar met taktiese skoppe probeer uitoorlê.
Maar in die tweede helfte het die Arende na 'n hoër rat oorgeskakel, beheer geneem oor die wedstryd en, soos in hul vorige vier agtereenvolgende oorwinnings, 'n voortreflike spanpoging gelewer.
Tyler Fisher, senter, se drie, die enigste in dié halfeindstryd, het die fut uit die besoekers se seile gehaal.
Nou pak hulle die Valke Vrydagaand eerskomend in die eindstryd.
Hugo Redelinghuys en Deidre Cloete het die aksiefoto's geneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'