MOSSELBAAI NUUS - Barbarians het Saterdagmiddag vir NMU op die D'Almeida-sportterrein met 'n wegholoorwinning van 109-0 geklop.
Barbarians, Evergreens en Bridgton spook dit nog uit vir 'n tuishalfeindstryd. Progress het reeds vir hul 'n tuishalfeindstryd oopgespeel op Saterdag 19 Augustus.
Die studente van NMU, wat onderaan die punteleer is met 11 punte, speel volgende seisoen in die Presidentsliga. Hulle het vanjaar in al 17 wedstryde die onderspit gedelf.
Justin Bhana (heelagter), Ralton October (losskakel), Danver Amsterdam (flank), Isaac Treurnicht (slot), Lohan Potgieter (slot), Sario Rosenkrantz (buitesenter, 4), Curshwon Mono (linkervleuel, 4), Morné Buis (skrumskakel, 2), Winston Seconds (agtsteman, 2) het vir Barbarians gaan druk. October slaag met 10 doelskoppe en Bhana en Treurnicht klits ook elkeen 'n doelskop oor.
Jose Petersen (regtervleuel) word aangewys as speler van die wedstryd.
Progress, met 76 punte die voorloper op die punteleer, het sewe pragdrieë gedruk in hul oorwinning van 41-18 oor hul buurman Crusaders op die Rosemoor-sportterrein.
Fizell Fredericks (heelagter), Clinton Wagman (regtervleuel), Werner Jacobs (buitesenter), Myoxolo Dyantye (skrumskakel), Leroy Dickens (agtsteman), Enrico Saaiers (flank) en Xavier Scholtz (haker) het vir die wenspan gaan druk. Henry Wolhuter (losskakel) slaag met 3 doelskoppe.
Evergreens het vir Blanco op sy tuisveld in 'n naelbytstryd met 21-18 geklop.
Grant November (plaasvervanger), Cheslin van Rheyner (haker), Grant Hoogbaard (slot) het vir die wenspan gaan druk.
C-Than Moos (plaasvervanger) slaag met 3 doelskoppe.
Bridgton het op sy tuisveld die krane behoorlik oopgedraai in hul oortuigende oorwinning van 63-7 oor Maori's.
Vir die wenspan is Bradwin Wanies (regtervleuel, 4), Grahame September (skrumskakel), Algernon Waarts (agtsteman), Jolin Saptou (flank), Stephan Malan (plaasvervanger-slot) en Wayne Julies (plaasvervanger-flank) oor vir drieë. Anver Venter (heelagter) slaag met
5 doelskoppe, Gino van Vuuren (losskakel) klits 3 doelskoppe oor en Adrian Booysen (binnesenter) slaag ook met 'n doelskop.
Groot-Brakrivier het op sy tuisveld in 'n opwindende wedstryd vir Silver Stars met 41-14 afgestof.
Hyron Erasmus (buitesenter, 3). Cheslyn Gelderbloem, 3) en Joewhan Ohlson (linkervleuel) het vir die tuisspan gaan druk. Arden Lee Meyer (skrumskakel) slaag met 2 doelskoppe en Ridwaan Scheepers (heelagter) klits ook 'n doelskop oor.
Groot-Brakrivier het verlede Dinsdagaand vir NMU op sy tuisveld met 'n volpunte oorwinning van 24-10 geklop.
Puntemakers - Tweede en derde spanne
Groot-Brakrivier II (66): Drieë - Deavan Karelse (heelagter), Sergei Deysel (losskakel), Byrol Stuurman (flank, 2), Ivan Meyer (flank, 2), Anroy Roelfse (plaasvervanger-flank ) Benji Muller (plaasvervanger-vleuel), Maequin Smart (plaasvervanger-slot). Karelse slaag ook met 5 doelskoppe en Sergei Deysel (losskakel) klits 3 doelskoppe oor.
Silver Stars II (15): Drieë - Arrie Ohlson (flank, 2), David Smith (haker), Bramville Abrahams (plaasvervanger-agtsteman). Reduaan Botha (heelagter) slaag met
3 doelskoppe en 'n strafdoel.
Silver Stars III (7)
Evergreens II (27): Drieë - Botha (heelagter), Moos (buitesenter), Afrika (losskakel, 2), Willemse (skrumskakel). Moos slaag ook met 'n doelskop.
Blanco II (9)
Evergreens III (27): Drieë - Saaiman (skrumskakel), October (agtsteman, 2), Rondganger (haker). Saaiman slaag ook met 2 doelskoppe.
Blanco III (10)
Progress II (42): Drieë - Enrico Scott (heelagter), Pieter Makellie (regtervleuel), Lucehano James (linkervleuel, 3), Velenso Cornelius (slot). Scott slaag ook met 2 doelskoppe en Sylvester Lewis (plaasvervanger) klits ook 'n doelskop oor. Brislin Blom (buitesenter) slaag met 'n strafdoel.
Crusaders II (7)
Progress III (13): Drie - Royston Booysen (linkervleuel). Elroy Stalmeester (losskakel) klits 'n doelskop en 'n strafdoel oor.
Crusaders III (7)
Bridgton II (41): Drieë - Hershelle America (buitesenter), Duzille Avontuur (linkervleuel), Blaine James (agtsteman), Lee Henry Meyer (plaasvervanger-vleuel), Wayne Julies (plaasvervanger-flank, 2) Joseph Saptoe (losskakel) slaag met 4 doelskoppe en 'n strafdoel.
Maori's II (7)
Bridgton III (42): Drieë - Adian Murphy (agtsteman), Andile de Vos (vaskopstut), Cheslin Wagenaar (plaasvervanger-flank), Andre Willemse (plaasvervanger-vleuel), Anrich Daniels (buitesenter, 2). Merkayvin Michaels (heelagter) slaag met 5 doelskoppe en Jeandre Piedt (binnesenter) klits ook 'n doelskop oor.
Maori's III (0)
Barbarians II (109): Drieë - Macdilen Saayman (heelagter), Vivian Groenewald (plaasvervanger loskopstut), Francois Smith (plaasvervanger-binnesenter), Jerome Fillies (regtervleuel, 2), Luwellyn Adams (buitesenter, 2), Lesley London (binnesenter, 2), Shaun London (skrumskakel, 2), Bennett Quantini (agtsteman, 2), Wayne London (flank, 2), Ferdi Olivier (plaasvervanger- skrumskakel, 2). Shaun en Macdilen slaag elk met 2 doelskoppe en Sean Kingsick (losskakel) klits ook 'n doelskop oor. Filllies, Lesley, Wayne en Alden Hendricks (haker) klits elk ook 'n doelskop oor.
NMU Madibaz II (0)
Barbarians III (79): Drieë - Shelwyn Bosman (heelagter), Teswin Sampson (regtervleuel), Curtley Kiewiet (skrumskakel), Jovan Floris (slot), Ferdi Olivier (losskakel, 2) Grainger Thesner (flank, 2), Chivago Morton (loskopstut, 2) Leroy Muller (plaasvervanger-linkervleuel, 2
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'