MOSSELBAAI NUUS - Die Barbarians Rugbyklub het Saterdag tydens 'n spoggeleentheid by die Ponto's Restaurant hul jaareindfunksie gehou.
Die Sportman van die jaar en Junior Sportman van jaar is tydens hierdie geleentheid aangewys.
Die klub bedank almal, veral hul onderskeie borge vir hul bydraes deur die loop van die jaar, maar veral ook die bestuurspan, afrigters en feeskomitee wat hard agter die skerms gewerk het om dit vir spelers moontlik te maak om op die veld te presteer.
Die span sluit Dinsdag hul seisoen af met 'n wedstryd teen 'n span van Namibië.
Die hekke open om 17:00 en na afloop van die twee voorwedstryde sal die laaste wedstryd van die jaar sekerlik 'n skouspel oplewer.
Mosselbaai se Barbarians het tydens 'n spoggeleentheid erkenning gegee aan hul topspelers van die afgelope seisoen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'