MOSSELBAAI NUUS - Die Barbarians Rugbyvoetbalklub (RVK) van Mosselbaai het op Woensdag, 13 Desember, sy afsluitingsfunksie gehou met 'n ete wat by die Bravo Lounge en die Billy G restaurant by die Garden Route Casino aangebied is.
Nuwe hoofafrigter, Stanley Kruger van George, is tydens die geleentheid bekendgestel. Hy het in sy openingstoespraak gesê hy is by Barbarians omdat hy weet watter potensiaal by die klub aanwesig is.
Barbarians het 'n teleurstellende 2023-seisoen gehad en Kruger het gesê dat hy daarvan oortuig is dat dinge in 2024 omgedraai kan word. Hy het dit benadruk dat met die nodige dissipline, toewyding en deur oefeninge gereeld te ondersteun, kan dinge net beter gaan. Vir hom is dit belangrik dat 'n wenkultuur weer gevestig word en sal hy sy spelers op en van die veld met 'n valkoog dophou.
Spelers wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan die sekretaris, Ed Maart kontak (073 535 8667).
Verskeie sertifikate is ook oorhandig.
Spelers wat spesiale erkennings ontvang het is:
Derde span
Bradley Jacobs – Beste voorspeler
Leroy Kiewiet - Beste agterspeler
Ettienne Floors - Mees toegewyde speler
Tweede span
Alwill Prinsloo – Beste voorspeler
Nigel Prins – Beste agterspeler
Alden Hendricks – Mees toegewyde speler
Eerste span
Daniel Abrahams – Beste voorspeler
Garren Groenwaldt – Beste agterspeler
Jose Petersen – Mees toegewyde speler.
Bestuur en spelers wat spesiale toekennings ontvang het. Foto: Dexter Brinkhuis