MOSSELBAAI NUUS - Barbarians van Mosselbaai het Saterdag, 16 Februarie met Villagers van Worcester afgereken deur hulle met 55-19 kaf te draf.
Die wedstryd het op Bolandpark in die Paarl plaasgevind.
Vir Barbarians was dit hulle tweede oorwinning uit twee wedstryde en so het hulle die seisoen op 'n goeie noot afgeskop.
Die eer is egter groter vir Barbarians, want Villagers is die 2018 Bolandbeker-klubkampioene.
Barbarians speel eerskomende Saterdag, 23 Februarie op D'Almeida met drie spanne teen Grabouw.
Barbarians kort na hulle Villagers kafgedraf het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'