ALBERTINIA NUUS - Albertinia Rangers het Saterdag naelskraap vir Riversdal Dorp met 14-10 in Riversdal geklop.
Riversdal se agterlyn het met pragtige agterlynbewegings twee drieë in die eerste helfte gedruk. Spelers soos Calvyn Kortje, Lenesteoy Tarentaal en Keanan Tarentaal moes hard werk om die Riversdallers te stuit.
Die tuisspan het kalm gebly en die basiese dinge reg gedoen. Voor- en agterspelers het goed saam gespeel. Jacobus Easau, senter van Riversdal was by tye gevaarlik in die middelveld, maar is goed dopgehou.
Rangers se vleuel, Lenesteoy Tarentaal het 'n pragtige drie gedruk, terwyl die kaptein, Calvyn Kortje hard moes werk op die verdediging.
Rangers kan hul gelukkig ag vir die vorentoe aangee van die tuisspan in die laaste twee minute van die wedstryd, want die wedstryd was in die weegskaal.
Die tuisspan se afrigters en spelers sê hulle was glad nie teleurgesteld oor die uitslag nie. Die span het hul beste rugby gespeel teen 'n span soos Rangers.
Vir die A-span het Keanan Tarentaal en Lenesteoy Tarentaal drieë gedruk wat verdoel is deur Keanan Tarentaal. Daarenteen het Ricardo Goliat en Frederick Pietersen agter die doellyn gaan kuier vir Rangers. Abertinia speel Saterdag op Ladismith.
B-span
Pragtige rugby deur die jongspan van Riversdal het die wedstryd van die Rangers B-span gekenmerk. Hulle het hul oppenente weer oortuigend met 33-0 geklop.
Die heelagter, Abraham September het twee mooi drieë gedruk en het altesaam 20 punte vir sy span aangeteken. Hy was ook die speler van die wedstryd.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'