MOSSELBAAI SPORTNUUS - Duiwe wat die afgelope naweek aan die Eden posduiffederasie se wedvlugte vanaf Wolmaranstad deelgeneem het, het talle van hul eienaars verras toe hulle die wind van agter gekry het en sommer al vroeg terug by hul hokke was.
In die Mosselbaai-klub was dit Danie Barnard se wenduif wat die afstand van 862km in net meer as 7½ uur afgelê het en 'n spoed van amper 1 900 meter per minuut behaal het.
Barnard klok die wenduiwe in beide die ope 1 en 2 wedvlugte.
In die ope 1 klop hy Chappie Gertenbach met ses minute maar neem ook die 3de en 4de plekke in met Jan Marais in die 5de plek. In die ope 2 kry Barnard drie duiwe gelyk en klop Casper le Grange met 33 sekondes (4de plek) en Faunty Gillmore met 35 sekondes (5de plek).
In die klub se junior-afdeling wen JW Schutte beide die ope 1 en 2 wedvlugte.
Uitslae
Ope 1: Barnard Lofts B (1, 4, 10, 22); Chapmar (2, 6, 7, 8, 13, 17, 27); Barnard Lofts A (3, 11, 12, 21, 25); Jan Marais (5, 29); Le Grange Hokke (9, 20, 28); Gillroy 2 (14, 24); AJE Lofts (15, 18); CBS (16, 19, 30); Gillroy 1 (23); Daan Stander (26).
Ope 2: Barnard Lofts B (1, 3, 18, 19); Barnard Lofts A (2, 8, 14); Le Grange Hokke (4); Gillroy 1 (5, 11, 15, 21); Chapmar (6, 23, 27, 29, 30); CBS (7, 9, 16, 26); Jan Marais (10, 13, 25); Gillroy 2 (12, 24); Hekka Fourie (17, 22); Van Eeden Lofts (20); Tol Nel (28).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'