SKUTS NUUS - Dertig vroue het onlangs 'n inleiding tot vuurwapeneienaarskap onlangs by die George-sportskietklub in George bygewoon.
Die dames is toegelig oor die wye verskeidenheid sportskietdissiplines - vanaf klub tot internasionale vlak, waaraan deelgeneem word.
Mites oor vuurwapeneienaarskap en aspekte oor selfverdediging is ook bespreek met die dames. Ander gesprekke het gehandel oor vuurwapens en kinders in dieselfde huis en hoe dit hanteer moet word.
Basiese vuurwapenveiligheid en die hantering daarvan is ook met die dames bespreek. Tussen die gesprekke deur is die dames geleentheid gegee om met verskillende vuurwapens 'n paar skote te skiet.
Van die vroue wat die geleentheid by die George-skietklub bygewoon het by een van die teikens waarna geskiet is.
Anton Meyer, voorsitter van die George-sportskietklub sê die doel van die dag was om vroue se vrae oor die besit en gebruik van vuurwapens aan te spreek.
Vroue deelname in skietsporte wys 'n groot styging plaaslik en oorsee in verskeie skietdissiplines.
Volgens Meyer bestaan daar 'n groot behoefte by vroue vir korrekte inligting oor aspekte soos die tipe vuurwapens se toepaslikheid vir 'n spesifieke doel byvoorbeeld selfverdediging.
Tydens die geleentheid is skote geskiet met PCP luggewere (Hunter Field Target), lang afstand randslag gewere (.22LR F-Klas), randslag handwapens (.22LR presisieskiet), senterslag handwapens (9mmP).
Die borge wat die geleentheid by die George-skietklub bygewoon het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’