MOSSELBAAI NUUS - Die Diaz All Flightklub se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan wedvlugte vanaf Richmond (360km). Die klub se jaaroud afdeling word
gewen deur n duif van Tom & Louise Swart gevolg deur Larry van Vuuren in die tweede plek. Die klub se nuweling Nihan Binedell, 'n junior lid, behaal 'n goeie derde plek in die jaaroud afdeling.
In die klub se ope afdeling behaal Larry van Vuuren die eerste plek met Rhyn van Rooyen in die tweede en Larry van Vuuren weer in die derde en vierde plekke. Jurgens Truter behaal die vyfde plek.
Tom & Louise Swart wen die jaaroud afdeling in die dorpseksie gevolg deur Chris Nel in die tweede en Jerry van der Mescht in die derde plekke. Jurgens Truter het weer bewys dat die ander lede hom nie moet onderskat nie deurdat hy die ope afdeling in die dorpseksie wen met meer as sewe minute voor die volgende duif. Chris Nel behaal die tweede plek met Jerry van der Mescht in die derde plek.
Die komende naweek se wedvlugte sal vanaf Hanover plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'