MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Diaz All Flight-duiweklub het op 28 Mei die klub se jaarlikse prysuitdeling vir 2020 aangebied. As gevolg van Covid-19 kon die klub nie verlede jaar die prysuitdeling aanbied nie.
Jerry van der Mescht en sy seun, Jerry junior het uitstekend presteer en is as die klubkampioene vir die 2020-vliegseisoen bekroon.
Tom en Louise Swart behaal die tweede plek gevolg deur Alfie Ladson in die derde plek. Jerry en sy seun verower ook die Dorpseksie-kampioenskaptrofee met Tom en Louise Swart in die tweede plek en Alfie Ladson in die derde plek.
Verder wen die Van der Meschts ook die trofeë vir die middelpad- sowel as langpad-kampioenskap.
Die jaaroud-kampioenskap is deur Hein en Nihan Binedell ingepalm met die Van der Meschts die ope duifkampioenskap verower het.
Die 2021-vliegseisoen het reeds op 5 Junie afgeskop met twee wedvlugte vanaf Drie Susters. Die verwagting is vanjaar dat die kompetisie tussen die onderskeie lede baie sterk gaan wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'