Gallery
SUID-KAAP NUUS - Die afgelope naweek se interprovinsiale tweekampbyeenkoms wat op Saterdag, 2 Februarie in Oudtshoorn aangebied is, was die grootste nog ooit. Meer as 600 atlete van sewe provinsies (WP, Boland, OP, Eden, Griekwas, Vrystaat en Grens) het deelgeneem.
Nie eens die onverwagte donderstorms kon die gees demp nie en drie SA-, nege byeenkoms- en vier provinsiale rekords is verbeter.
Eden Tweekamp het puik presteer deur agt medaljes (twee goud, vyf silwer en een brons) te verower.
Hulle is:
- Meisies o/9 - Hannah de Necker (brons)
- Seuns o/19 - André Kleynhans (silwer - verbeter SA, ope en provinsiale rekords)
- Meisies o/19 - Anlize Vermeulen (silwer)
- Junior veterane: Pieter van der Mescht (goud - verbeter ope en provinsiale rekords)
- Veterane: Walter Lutsch (silwer)
- Sub veterane: Denise de Jongh (silwer), Cliff Wallace (silwer)
- Meestersmans: Johan Windt (goud - verbeter SA, ope en provinsiale rekords)
Johan Windt het nie alleenlik 'n nuwe SA rekord daargestel nie, maar is ook aangewys as die senior victor ludorum vir die byeenkoms.
SA rekords wat verbeter is, was:
- Seuns o/15: Francois Malherbe (Boland)
- Seuns o/19: Retief Ochse (WP)
- Meetersmans: Johan Windt (Eden)
- Die top toekennings (ludorum) vir
- 2019 het gegaan aan:
- Junior victrix: Tatiana Thomatos (WP - meisies o/9)
- Junior victor: Francois Malherbe (Boland - seuns o/15)
- Senior victrix: Liezel Wessels (Boland)
- Senior victor: Johan Windt (Eden)
WP het die spankompetisie gewen met Boland tweede, Eden derde en OP vierde.
Francois Malherbe (junior victor ludorum), Liezel Wessels (senior victrix ludorum), Tatiana Thomatos (junior victrix ludorum) en Johan Windt (senior victor ludorum saam met die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Anroux Marais.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'