MOSSELBAAI NUUS - Die Diaz All Flightklub se duiwe het verlede naweek deelgeneem aan twee ope wedvlugte vanaf Kimberley (645km).
In die ope 1-wedvlug vlieg Sunday Monteiro die wenduif met Joe Lemos in die tweede en derde plekke.
Lemos verower die eerste plek in die ope 2-wedvlug. Fanie Ackerman behaal hier die tweede plek met Chris Nel in die derde plek.
Lemos vaar uitsonderlik goed deurdat hy gesamentlik in die twee wedvlugte 14 plekke verower. Chris Nel vaar ook besonders goed en verower hy 15 plekke gesamentlik in die twee wedvlugte.
In die dorpseksie is dit Nel wat spog met 'n dubbelwen. Nel wen beide die ope 1- en 2-wedvlugte.
Uitslae
Klub ope 1:
Sunday Monteiro (1, 5, 6, 30); Joe Lemos (2, 3, 7, 8, 24, 28, 29); Fanie Ackerman (4, 27); Chris Nel (9, 12, 14, 16, 19, 22, 23); Alfie Ladson (10, 13); Kalaharie Boesman (11, 26); T&L Swart (15, 18); Jerry van der Mescht (20, 21); Morné Robertson (17, 25).
Klub ope 2:
Joe Lemos (1, 7, 11, 15, 24, 25, 26); Fanie Ackerman (2); Chris Nel (3, 10, 13, 18, 22, 23, 28, 29); Kalaharie Boesman (4, 9, 19, 27); Sunday Monteiro (5) T&L Swart (6, 12); N&H Binedell (8, 16, 30); Jerry van der Mescht (14, 17, 20); Alfie Ladson.
Dorp ope 1:
Chris Nel (1, 3, 5, 7, 10, 13, 14); Alfie Ladson (2, 4); T&L Swart (6, 9); Morné Robertson (8, 15); Jerry van der Mescht (11, 12).
Dorp ope 2:
Chris Nel (1, 3, 7, 11, 12, 13); T&LSwart (2, 4); Jerry van der Mescht (5, 6, 8); Alfie Ladson (9).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'