MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Neill Calitz-skietklub se eerste skietkompetisie sedert die inperking vind môre, Saterdag 7 November plaas. Alle lede is welkom om deel te neem.
Die kompetisie begin om 09:00 en sal tot ongeveer 13:00 duur. 'n Bring en braai word na afloop van die kompetisie gehou.
Woensdag
Puik prestasies is weer eens tydens die afgelope Woensdag, 4 November, se weeklikse skietoefening gelewer.Vier van die skuts het 90+ uit 'n 100 punte met die .22 oor 10m aangeteken met Willie Germishuys en Suzette Herrer (beide 98/100) se tellings die beste vir die dag.
In die 9mm afdeling het Pieter die beste gevaar met 91/100.
Uitslae met die .22 is:
1. Willie en Suzette; 3. Ounooi; 4. Danie; 5. Johanna; 6. Ralie; 7. Willie Nel; 8. Samsodine; 9. Melinda; 10. Hans.
Uitslae met die 9mm:
1. Pieter; 2. Danie; 3. Roy; 4. Johanna; 5. Samsodine; 6. Melinda; 7. Christa.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 18 November vanaf 09:00 tot 12:00 plaas.
Lede word versoek om te alle tye die inperkingsmaatreëls by en op die skietbaan na te kom. Die dra van maskers by die skietpunt is verpligtend.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'