Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Suid-Afrikaanse nasionale skopbokskampioenskappe word hierdie naweek tussen 12 en 15 Mei by die Diaz Hotel in Mosselbaai aangebied.
Josh Cloete, president van die Suid-Afrikaanse skopboksassosiasie (SAKA) het Vrydag, 13 Mei aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat die atmosfeer en gees uitstekend is. Bykans 400 deelnemers neem deel.
“Deelnemers wat hier kwalifiseer gaan na die Afrika-kampioenskappe en daarna na die wêreldkampioenskappe,” sê Cloete.
Gister, 12 Mei is deelnemers ingeweeg en ‘n vergadering vir die beamptes en skeidsregters is gehou.
FOTOGALERY: Suid-Afrikaanse nasionale skopbokskampioenskappe dié naweek
Die amptelike opening is op Vrydag, 13 Mei om 08:00 gehou waarna die eerste gevegte afgeskop het. Die kompetisie begin daagliks 08:00 en die prysuitdeling is op Sondag, 15 Mei om 09:30.
Mosselbaaiers is welkom om hierdie sportbyeenkoms by te woon en die deelnemers te ondersteun.
VIDEO: SA skopbokskampioenskappe op Mosselbaai
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'