MOSSELBAAI NUUS - Die naweek van 23 en 24 Junie se wedvlugte het vanaf Victoria Wes (320km) plaasgevind. Rhyn van Rooyen en Larry van Vuuren het weer bewys dat die ander duiweboere in die Diaz All Flightklub hulle hierdie jaar moeilik gaan klop. Rhyn verower die eerste drie plekke in die klub se jaaroud afdeling. Smalberger-hokke behaal die vierde en Larry die vyfde plek. Larry wen die klub se ope afdeling met Rhyn in die tweede en Jerry van der Mescht in die derde plekke.
Die dorpseksie se jaaroud afdeling word gewen deur Smalberger-hokke gevolg deur Jerry in die tweede en Smalberger-hokke weer in die derde plekke. In die dorpseksie se ope afdeling vlieg Jerry die wenduif met T&L Swart tweede en Jerry weer in die derde plekke.
Dit was die afgelope naweek ook die dorpseksie se jaaroud nominasie wedvlug en word gewen deur Smalberger hokke met Chris Nel in die tweede en T&L Swart in die derde plekke.
Volgende naweek se wedvlugte sal vanaf Richmond plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'