Die ope afdeling het op Vrydag, 28 September plaasgevind met die provinsie se spelers wat mekaar die stryd aangesê het in mans- en dames enkels, dubbels, gemengde asook plaat-afdelings.
Op die Saterdag het twee B-Afdeling spanne, en vier A-afdelingspanne teen mekaar te staan gekom. Die tegniese baanbeamptes vir die toernooi was Nico Marais, Mikhai Kossar en Frankie Johnson, Petrisna en JP Lohr-Mietzner.
Die wenners en naaswenners in die onderskeie afdelings is as volg:
Dames-enkelspel - (1) Heleen Fourie, (2) Tokkie Hartslief; Mans-enkelspel - (1) Wessel Hartslief, (2) Pottie Potgieter;
Dames-dubbelspel - (1) Heleen Fourie en Amanda Minnie, (2) Susan Muir en Nadeane Coetzee;
Gemengde-dubbelspel - (1) Wessel Hartslief en Heleen Fourie, (2) Pottie Potgieter en Amanda Minnie.
Die wenners en naaswenners in die plaatafdeling is as volg:
Dames-enkelspel - (1) Nadeane Coetzee, (2) Amanda Minnie;
Mans-enkelspel - (1) Mikhai Kossar, (2) Jan Fourie;
Dames-dubbelspel - (1) Rolina Lerm en Belinda Fourie, (2) Connie Mynhardt en Anushka;
Mans-dubbelspel - (1) Mikhai Kossar en Garth Dominy, (2) Nico Marais en Harry Muir;
Gemengde-dubbelspel - (1) Nico Marais en Hanlie Alberts, (2) Garth Dominy en Connie Mynhardt.
Die Sportfees Wisseltrofee is toegeken aan die speler wat gedurende die toernooi homself / haarself bewys het deur bo verwagting te presteer.
Hierdie ere toekenning het aan Mikhai Kossar van Sedgefield-klub gegaan. Vir die pret is daar selfs 'n paar 'BUM Awards' toegeken soos Mnr/Me Bene, Mnr/Me Persoonlikheid, Mnr/Me Lippe en so meer.
'n Volledige lys van bedankings is beskikbaar in die brieweblad 'Lesers se hul sê'.

Die Mosselbaai Sportfeestoernooi-trofee is gewen deur Mikhai Kossar (Sedgefield-klub). Hier is hy saam met voorsitter van Suid-Kaap Pluimbal, Nico Marais (links).