MOSSELBAAI NUUS - Nuweling Nihan Binedell het die afgelope naweek die Diaz All Flightklub se jaaroud-wedvlug vanaf Colesberg gewen. Nihan is 'n junior lid van die klub en is dit die eerste jaar wat hy die duiwesport beoefen. Sy duif het die afstand van 460km in vyf ure en 51 minute voltooi. Voorwaar 'n baie groot prestasie.
Nihan is elf jaar oud en 'n leerder van Laerskool Park. Rhyn van Rooyen behaal die tweede en derde plekke in die klub se jaaroud-afdeling.
'n Duif van Tom en Louise Swart wen die klub se ope afdeling met amper vier minute gevolg deur Smalberger-hokke in die tweede plek. Larry van Vuuren se duiwe presteer ook baie goed en behaal Larry die volgende posisies in die klub se ope afdeling : 3, 4, 5, 6, 8, 9 en 10.Tom en Louise behaal 'n dubbel wen in die klub se dorpseksie deurdat hulle beide die jaaroud- en ope afdelings wen. In die dorpseksie se jaaroud-afdeling behaal Jurgens Truter die tweede plek met Chris Nel in die derde en vierde plekke. In die ope afdeling behaal Smalberger-hokke die tweede plek en Jerry van der Mescht die derde plek.
Hierdie naweek se wedvlugte vind vanaf Springfontein plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'