MOSSELBAAI NUUS - Die ACVV Kenani Binnehuise-sportdag is as deel van die Mosselbaai sport- en rekreasiefees op Woensdag 3 Oktober in die stadsaal aangebied. “Ek was absoluut verstom toe ek daar aankom en instap by 'n aktiwiteit met soveel gees,” het een van die toeskouers gesê.
Willie nel van Hartenrus is as die dag se sportman van die dag aangewys.
Die Kenani-dienssentrum se jaarlikse binnenshuise spele vir senior burgers en persone met gestremdhede vorm nie net deel van die sportfees nie, maar ook deel van die internasionale week wat afgesonder word vir die senior burgers van die gemeenskap.
Spanne van sover as Stilbaai, Melkhoutfontein, Albertinia, Herbertsdale, Uniondale, KwaNonqaba, Benevolent Park, Sonskynvallei, Hartenbos, Brandwag, Grootbrak, George asook klubs vir persone met gestremdhede word na die fees genooi.
Na die verrigtinge is trofeë, pryse, medaljes en sertifikate aan die wenners toegeken. Een van die hoogtepunte is wanneer die spanne hulle sportliedjie of kreed moet sing voor die beoordelaars en toeskouers.
Verversings en ligte etes is ook voorsien.
Kenani-aftreeoord se deelnemers.
Oudtshoorn se Goue Swane.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'