Dié eer het ook polisiereservis kst André Terblanche van Groot-Brakrivier en Johnny Oosthuizen van die SAPD George te beurt geval. Hulle is die enigste polisielede wat tot die Protea-span verkies is.
Die Toutrek-Proteas gaan van 27 tot 31 Augustus in Wisconson in die VSA aan die Wêreld toutrek-kampioenskappe deelneem.
Die bevelvoerder van die Da Gamaskop groep, brig Gerhard Jantjies, het die lede met hul uitsonderlike prestasie geluk gewens en hulle aangemoedig om seker te maak dat al die medaljes moontlik ingepalm sal word.

Drie Suid-Kaapse SAPD-lede is pas as toutrek-springbokke verkies. Hier het die atlete hul amptelike pette ontvang. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'