SPORTNUUS - Mosselbaai se duiwe is die afgelope Saterdag op Kimberley (653km) losgelaat. Die duiwe is almal om 07:15 losgelaat met die wenduif wat die afstand in net bietjie meer as ses ure afgelê het.
Fanie Mollentze kry twee duiwe gelyk om 13:34:52 om vir hom onderskeidelik die eerste en tweede plekke in die ope 2 wedvlug in te neem.
'n Duif van Corrie Naude palm vir hom die wenposisie in die ope 1 in. Hy klok sy wenner om 13:41:53.
Die duiwe van die junior lede in die klub het net so goed presteer met Tashinga Kadye wat beide wedvlugte wen. Sy klok haar wenners om 13:41:47 (ope 2) en 13:43:57 (ope 1).
Die sprint wedvlug het die Vrydag vanaf Victoria-Wes (332km) plaasgevind. Hannes Grové (Boemerang) klok die wenner.
Uitslae
- Ope 1: Corrie Naude (1, 3, 23, 28); Hartman Hokke (4, 17); Alan Gray (5); Mollentze Hokke (6, 8, 9); Chapmar (7, 25, 27); Gert Wessels (10, 18, 22); Van Eeden Lofts (11, 21, 29); Gillroy (12, 14, 15); Barnard Lofts (13, 26, 30); Le Grange Hokke (16); Hekka Fourie (19); Boemerang (20); Daan Stander (24).
- Ope 2: Mollentze Hokke (1, 2, 4, 5, 20, 21, 22, 30); Barnard Lofts (3, 6, 28, 29); Gillroy (7); Gert Wessels (9); Corrie Naude (10, 14, 16); Chapmar (11, 12, 13, 17); Daan Stander (15); Sinkfontein Hokke (18, 23); Boemerang (19, 24); Parkeneers (25); Hartman Hokke (27).
- Sprint: Boemerang (1); Gert Wessels (2, 7, 14, 20); Tol Nel (3, 5); Gillroy (4, 6, 12, 15, 16); Barnard Lofts (8, 10, 17); Corrie Naude (9, 11); Cape Lofts (13, 18); Mollentze Hokke (19).
- Junior ope 1: Tashinga Kadye (1, 5); Marzaan van der Linde (2, 3); JW Schutte (4); Zante Strydom (6, 7); Carel Grové (8, 9, 10).
- Junior ope 2: Tashinga Kadye (1, 3, 5); Zante Strydom (2); Carel Grové (4, 10); JW Schutte (6, 7, 9); Marzaan van der Linde (8).
Tashinga Kadye spog hier met een van haar wenners.
Corrie Naude wen die ope 1 vanaf Kimberley met die duif van hom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’