MOSSELBAAI SPORTNUUS - Weens swak weerstoestande het die loslating van verlede naweek se duiwewedvlugte van die Eden-federasie eers die Sondag plaasgevind.
Die duiwe wat in twee wedvlugte (ope 1 en ope 2) gekompeteer het, is die oggend om 07:15 op Christiana gelos.
In die Mosselbaai-klub was dit Essie Esterhuizen (755km) wat eerste was om 'n duif te klok. Hy het twee duiwe van die ope 1 wedvlug gelyk gekry en klok hulle om 16:26.
Die derde plek word deur 'n duif van Casper le Grange ingeneem met Hekka Fourie in die vierde en Danie Barnard in die vyfde plek.In die ope 2 wedvlug klok Faunty Gillmer die eerste duif om 16:29 gevolg deur twee van Jan Marais in onderskeidelik die tweede en derde plekke. Die vierde plek word deur 'n duif van Danie Barnard ingeneem met Chappie Gertenbach in die vyfde plek.
In die junior afdeling klok JW Schutte eerste en vierde in ope 1 wedvlug en Marzaan van der Linde tweede en derde, ook in die ope 1 wedvlug.
Uitslae:
Ope 1: AJE Lofts (1, 2, 20); Le Grange Hokke (3, 12); Hekka Fourie (4, 6, 19); Barnard Lofts A (5, 18, 22, 25, 26); Jan Marais (7, 14, 16, 24); Chapmar (8, 9, 27, 29, 30); Gillroy 1 (10, 11, 23); Van Eeden Lofts (13); Gillroy 2 (15, 17); Barnard Lofts B (21, 28).
Ope 2: Gillroy 1 (1, 27); Jan Marais (2, 3, 8, 22, 24, 28); Barnard Lofts A (4, 17); Chapmar (5, 6, 10, 12, 18); Van Eeden Lofts (7); Barnard Lofts B (9, 13, 19, 29, 30); Hekka Fourie (11, 25, 26); Gert Wessels (14); AJE Lofts (15, 16, 23); CBS (20); Daan Stander (21).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'