MOSSELBAAI NUUS - Vier duiweboere van Mosselbaai Posduifklub wie se duiwe die afgelope Saterdag aan die Eden Posduiffederasie se wedvlug vanaf Groblershoop (590km) deelgeneem het, het behoorlik die wind van agter gehad toe hulle die afstand in net meer as vier en 'n half uur met 'n spoed van meer as 2 000 meter per minuut afgelê het.
Die duiwe het in twee afdelings meegeding maar is dieselfde tyd (06:50) losgelaat.
Jan Marais was eerste van die Mosselbaaiers om 'n duif om 11:37 (2 051.4794 meter per minuut) te klok. Sy duif het in die ope 1 afdeling deelgeneem.
Tweede was Erik van Eden (2 025.0051 mpm) om die tweede plek in die ope 1 in te neem. Met Chappy Gertenbach in die derde, Boshoff & Haung RPL vierde en Danie Barnard (Barnard Lofts) vyfde.
Daan Stander se eerste duif behaal die derde beste spoed (2 020.9783 mpm) en ook die eerste plek in die ope 2 afdeling met Wessel van Dyk (Parkeneers) in die tweede plek (2 013.5240 mpm), Boshoff & Haung RPL derde en vyfde en Faunty Gillmer (Gillroy) in die vierde plek.
Die duiwe het besonder goed teruggekeer. Van die 138 duiwe in die Mosselbaai-klub wat aan die ope 1 afdeling deelgeneem het, was die eerste 50 teen 16:00 terug en in ope 2 afdeling was die eerste 50 van die 137 deelnemers reeds om 15:15 terug in hul hokke.
Die duiwe vlieg die naweek weer vanaf Groblershoop.
Uitslae
Ope 1
Jan Marais (1, 28); Van Eeden Lofts (2, 25); Chapmar (3, 12, 16, 17, 30); Boshoff & Haung RPL (4, 11, 13, 18, 19); Barnard Lofts (5); Gillroy (6, 8, 20, 22, 25, 26, 29); Hekka Fourie (7, 9, 27); Daan Stander (10, 24); Jan Rousseau (14); Parkeneers (21); JR Hokke (23).
Ope 2
Daan Stander (1, 29); Parkeneers (2, 27); Boshoff & Haung RPL (3, 5, 10, 19, 21, 24, 30); Gillroy (4, 13, 18, 20, 22); Van Eeden Lofts (6); Barnard Lofts (7, 14, 25, 26); JR Hokke (8); AJE Lofts (9); Hekka Fourie (11); Chapmar (12, 15, 16, 23, 28); Tol Nel (17).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'