MOSSELBAAI NUUS - Erik van Eeden en Fanie Mollentze het die afgelope naweek die wenners in Mosselbaai-posduifklub se wedvlug vanaf Strydenburg (475km) geklok.
Die duiwe is om 06:20 losgelaat en net bietjie meer as ses uur later klok Erik die wenduif in die klub se Ope 1-wedvlug en Fanie die wenduif in die Ope 2.
Fanie se wenner behaal ook vir hom die wenposisie in die Eden-posduiffederasie.
In die Ope 1 klok Faunty en Janene Gillmer tweede, Gert Wessels derde, Danie Barnard vierde en Daan Stander vyfde. Gert klok die tweede duif in die Ope 2 en behaal ook 'n tweede plek in die federasie. Alfie Ladson klok derde in die klub en vierde in die federasie en Corrie Naude vierde en vyfde in die klub en sesde en agtste in die federasie.
Juniors
Die juniors hou ook die klub se naam hoog. Carel Grové wen beide wedvlugte in die klub en neem ook die eerste en tweede plekke in die Ope 2 van die federasie in.
In die Ope 1 klok Logan Boshoff tweede, vierde en vyfde met Jula Meyer in die derde plek. Tashinga Kadye neem die derde plek na Carel in die Ope 2 in die klub in met Logan vierde en Jula vyfde.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'