Video
MOSSELBAAI SPORTNUUS EN VIDEO - Eden Posduiffederasie se duiwe het die afgelope naweek vanaf Kimberley gevlieg.
Op Mosselbaai was dit Fuanty Gillmer (ope 1) en Hekka Fourie (ope 2) wat die wenduiwe geklok het.
Beide die ope 1 en 2 duiwe is om 06:15 losgelaat (652km) met Fourie wat sy eerste duif om 14:27 klok en Gillmer syne om 14:41.
Gillmer klok enkele sekondes hierna nog 'n duif om die tweede plek in die ope 1 in te neem met Jan Rousseau derde en Danie Barnard vierde, vyfde en sesde.
In die ope 2 klok Gillmer die tweede tot vyfde plekke met Barnard sesde tot tiende.
Die duiwe het goed teruggekeer. In beide die wedvlugte is die eerste 50 duiwe in beide wedvlugte in die klub, in net minder as 16 minute geklok.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'