Video
MOSSELBAAI SPORTNUUS EN VIDEO - Die geveerde vriende van die Mosselbaaise duiweboere wat die afgelope naweek aan wedvlugte vanaf Hopetown (543km) deelgeneem het, het baie goed teruggekeer.
Die wedvlugte wat gewoonlik op 'n Saterdag plaasvind is weens die gureweer na die Sondag verskuif.
Die duiwe is om onderskeidelik 07:30 (jaaroud) en 08:00 (ope) losgelaat met Danie Barnard wat die eerste jaaroudduif om 15:23 klok en Jan Marais wat die eerste opeduif om 14:54 klok.
Hekka Fourie neem die 2de plek in die jaaroud afdeling .
Uitslae
Jaaroud:
Barnard Lofts (1, 9, 24, 25, 26); Hekka Fourie (2, 11); Gillroy (3, 13, 14, 20, 21, 29, 30); Gert Wessels (4); Daan Stander (5, 23, 28); Chapmar (6, 16); Jan Rousseau (7, 8, 22); Jan Marais (10, 15, 27); R&R Lofts (12, 17); AJE Lofts (18); Rudolf van Zyl (19).
Ope:
Jan Marais (1, 20, 26); Barnard Lofts (2, 11, 27, 30); Gillroy (3, 4, 5, 9, 12, 19, 24, 29); AJE Lofts (6, 8, 10, 17, 21); Jan Rousseau (7, 15, 22, 23); Daan Stander (13, 16, 28); Chapmar (14, 18); Tol Nel (25).
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'