TUINROETE SPORT NUUS - Eden-hengelvereniging se tweede hengelkompetisie van die seisoen het die afgelope Saterdag, 19 Oktober in die Klein Brak-area plaasgevind.
Die toestande was baie gunstig vir hengel en Outeniqua-hengelklub van George het weereens daarin geslaag om die beste te vaar op die betrokke dag.
Die hengelaars het by die Klein Brak-parkeerarea byeengekom en vanaf 07:00 tot 15:00 gehengel.
Die grootste oneetbare vis is deur André Burger van Outeniqua-hengelklub ingeweeg en was 'n bulrog-pylstert van 39.95kg.
Die grootste eetbare vis is deur Raldo Potgieter van Plettenbergbaai-klub geland en was 'n kolstert van 1.19kg.
Die top hengelaar van die dag was Willie Welman (Plettenbergbaai) met 57.34 punte. Hy was ook die top meester van die dag.
Die top vrou van die dag was Elzaan Cronje (Stilbaai) met 8.93 punte en die top o/21 hengelaar, Michael Bachle (Plettenberbaai) met 36.14 punte.
Floris Marais (Stilbaai) met 21.91 punte was die top 0/16 hengelaar en Sam Muller (George) met 12.57 punte die top groot meester.
Dr Genari van Ocean Research het die liga bygewoon en verskeie visse gemerk vir navorsing doeleindes. Die volgende kompetisie vind op 16 November plaas.
Punte van die klubs na die tweede liga is soos volg.
- A-liga: 1. Outeniqua 336.52; 2. Stilbaai 221.73; 3. Plettenbergbaai 167.33; 4. George 162.84; 5. Atlantic 159.40; 6. Triton 126.49; 7. Mosselbaai 33.61.
- B-liga: 1. Outeniqua 194.81; 2. Plettenbergbaai 71.34; 3. Triton 63.46; 4. Stilbaai 50.22; 5. Atlantic 47.28; 6. George 45.86; 7. Mosselbaai 36.25.
- C-liga: 1. Outeniqua 20.27; 2. Triton 15.04; 3. Plettenbergbaai 5.01; 4. George 4.93.
Michael Bachle van Plettenbergbaai met 'n blou pylstert van 12kg.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'