TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Die Diaz All Flightklub se duiwe het verlede naweek aan twee wedvlugte vanaf Marydale (524km) deelgeneem.
Dit was weer Sunday Monteiro wat besonders goed presteer het deurdat hy die eerste plek in die klub se jaaroud-afdeling behaal het.
Monteiro verower dan ook die eerste plek in die Eden Federasie se jaaroud-afdeling. Beslis 'n prestasie om op trots te wees.
Fanie Ackerman neem die tweede en derde plekke in die klub se jaaroud-afdeling in gevolg deur Alfie Ladson in die vierde plek.
In die klub se ope afdeling is dit Ackerman wat die wenduif vlieg gevolg deur Kalaharie Boesman in die tweede en N&H Binedell in die derde plekke.
In die dorpseksie se jaaroud is dit Ladson wat met die wenduif spog. Ladson se duif wen die wedvlug met 'n voorsprong van sewe minute en 29 sekondes. Tom en Louise Swart behaal die tweede en derde plekke in die dorpseksie se jaaroud.
In die dorpseksie se ope presteer Jerry van der Mescht baie goed deurdat hy die eerste en tweede plekke behaal. Ladson behaal die derde plek.
Uitslae
Klub jaaroud: Sunday Monteiro (1, 5, 6, 15, 16, 18, 19, 26); Fanie Ackerman (2, 3, 14, 22, 24); Alfie Ladson (4, 10, 12, 20); Joe Lemos (7, 13, 23, 27); T&L Swart (8, 9, 21); Kalaharie Boesman (11, 25, 28); Jerry van der Mescht (17); Chris Nel (29, 30).
Klub ope: Fanie Ackerman (1, 5, 24) Kalaharie Boesman (2, 14, 23, 25, 26, 29); N&H Binedell (3, 7, 15, 22); Sunday Monteiro (4, 20, 30); Jerry van der Mescht (6, 8, 11); Joe Lemos (9, 12, 16, 27); Alfie Ladson (10, 21, 28); T&L Swart (13, 17, 18, 19).
Dorp jaaroud: Alfie Ladson (1, 4, 5, 7, 11); T&L Swart (2, 3, 8, 12, 13, 16, 17); Jerry van der Mescht (6, 14, 15, 19, 20); Chris Nel (9, 10, 18).
Dorp ope: Jerry van der Mescht (1, 2, 4, 11, 13, 15, 19, 20); Alfie Ladson (3, 9, 10); T&L Swart (5, 6, 7, 8, 14, 17, 18); Chris Nel (12, 16).
Hierdie naweek se wedvlugte vind vanaf Prieska plaas.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'