MOSSELBAAI SPORTNUUS - Fanie Mollentze maak deesdae behoorlik amok in die Mosselbaai-posduifklub deurdat hy die afgelope ses weke reeds vyf wedvlugte in die klub ingepalm het.
Tydens die afgelope naweek se wedvlugte vanaf Britstown (413km) het hy sommer dubbel seker gemaak deur beide die ope en jaaroud-afdelings te wen.
In die jaaroud klok Mollentze 13 sekondes voor Chapmar wat die tweede plek inneem en 56 sekondes voor Daan Stander wat die derde plek inneem. In die ope-afdeling behaal hy die eerste en tweede plekke en klok 27 sekondes voor Van Eeden Hokke wat die derde plek inneem.
In die junior afdeling is dit Logan Boshoff wat die wenduif in die jaaroud klok, met JW Schutte wat die eerste opeduif klok.
Uitslae
Jaaroud: Fanie Mollentze (1, 23); Chapmar (2, 6, 13, 14, 25, 26); Daan Stander (3); Le Grange Hokke (4, 15, 30); Gillroy 1 (5, 27, 29); Hekka Fourie (7, 8, 11, 12); Jan Marais (9, 16, 17, 18, 19, 21); Barnard Lofts A (10, 20); Barnard Lofts B (22); R&R Lofts (24); Gillroy 2 (28).
Ope: Fanie Mollentze (1, 2, 6); Van Eeden Lofts (3, 23, 24, 25); Gert Wessels (4, 18, 26); Le Grange Hokke (5, 16, 17, 30); Jan Marais (7, 12); Barnard Lofts A (8, 19, 20, 22); Barnard Lofts B (9, 10, 11, 14); Hartman Hokke (13); CBS (15); Gillroy 2 (21, 28); Chapmar (27); Gillroy 1 (29).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'