Die projek skop af in Februarie en sal 10 maande, tot einde November duur, waarna 'n algehele wenner op 'n glansgeleentheid in Desember aangekondig sal word.
Dié funksie sal op die Let's Play-program op SuperSport uitgesaai word.
Uitnodiging
Die Mossel Bay Advertiser rig graag 'n uitnodiging aan alle afrigters, skoolhoofde, die breiers van skolesportspanne, administrateurs en sportorganiseerders om belowende atlete, ongeag die sportkode, se prestasies telkens aan die koerant deur te gee. Alle skole en sportkodes kan deelneem. Buiten meer breedvoerige dekking aan die atlete, die klub of skool en hul individuele suksesse, sal 'n paneel van die Advertiser, as vennoot van Supersport, maandeliks 'n wenner aanwys wat 'n Let's Play-prys met produkte van sowat R500 sal ontvang. Die maandwenners sal elk 'n kans staan om aan die einde van die jaar deur te dring na die provinsiale Let's Play toekennings.
Al die maandwenners en hul afrigters sal ook aan die einde van die jaar na 'n Let's Play funksie op Mosselbaai genooi word, waar die Let's Play wenner vir die jaar vir Mosselbaai aangewys sal word. Let's Play borg ruim pryse vir die wenners.
Nominasies kan aan die einde van elke maand aan nickey@groupeditors.co.za gestuur word, begin einde Februarie. Elke nominasie(s) moet vergesel wees van 'n kort motivering om te verduidelik wat die leerder(s) bereik het. Die kriteria wat die paneel in ag sal neem, sluit in die vlak van deelname (streeks-, provinsiale, nasionale of internasionale vlak), sportmangees, deurlopende verbetering deur die seisoen, 'n hoë vlak van deelname aan sportbyeenkomste, en hulp aan ander - veral jonger atlete. Leerders wat uitblink in enige sport, of dit nou karate, paraseil, seil, perdry, tweekamp, muurbal, sokker, rugby, toutrek, of tennis is, om 'n paar te noem, kan genomineer word.
Sportorganiseerders en die skoolhoofde word versoek om te besluit wie namens die skool genomineer word.
Afrigters, administrateurs en sportorganisasies word uitgenooi om hul nuusbrokkies vir aandag die Mossel Bay Advertiser deur te gee aan nickey@groupeditors.co.za

Juandré Wilmot, wat in 2013 aan die Wêreldkampioenskappe vir skiet deelgeneem het, en Megan Robertson van Curro Private Skool, wat in 2013 aan die Wêreld Junior Seilvaartkampioenskappe deelgeneem het, is saam met Neandre Marneweck (afwesig), wat twee Brons medaljes by die Karate Wêreldkampioenskappe losgeslaan het, ook as 2013 Let's Play uitblinkers aangewys. Megan is weer gekies om aan die 2014 Wêreldkampioenskappe deel te neem en hoop om later vanjaar vir die Olimpiese span gekeur te word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'