MOSSELBAAI NUUS - Duiwe van die Diaz All Flightklub het verlede naweek weer deelgeneem aan wedvlugte vanaf Drie Susters (270km).
Larry van Vuuren en Rhyn van Rooyen se duiwe het besonders goed presteer. Rhyn van Rooyen behaal die eerste drie plekke in die klub se ope afdeling terwyl Larry van Vuuren die eerste vyf plekke in die klub se jaaroud afdeling behaal. George Bezuidenhout behaal 'n vierde en sesde plek en Alfie Ladson 'n sewende plek in die ope afdeling.
In die jaaroud afdeling behaal Rhyn van Rooyen die sesde plek met Chris Nel in die sewende en T&L Swart in die agste plek.
Die dorpseksie se jaaroud afdeling word gewen deur Chris Nel gevolg deur Smalberger-hokke in die tweede en T&L Swart in die derde plekke. Die dorpseksie se ope afdeling word weer gewen deur Alfie Ladson gevolg deur Smalberger-hokke in die tweede plek en Alfie Ladson in die derde plek.
Volgende naweek se wedvlugte sal plaasvind vanaf Victoria Wes.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'