MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park se 32ste sewestoernooi het die afgelope naweek, 28 en 29 Julie, plaasgevind en was weereens 'n reusesukses.
Met 22 deelnemende skole het die toernooi Vrydag in sonnige weer met hokkiewedstryde by Van Riebeeck-stadion afgeskop.
Die stryd is Saterdag voortgesit met rugby en netbal.
Park bedank hulle hoofborg, Kobus Potgieter, van Wimpy Mosselbaai en Groot-Brakrivier vir sy bydrae.
Wenners
Hokkie meisies: Laerskool Outeniqua
Hokkie seuns: Gesamentlike wenners – Milkwood, Holy Cross en Panorama
Netbal A-liga: 1ste Brackenfell, 2de Worcester Primêr
Netbal B-liga: 1ste Gene Louw, 2de Diaz Primêr
Rugby A-liga: 1ste Gene Louw, 2de Swellendam
Rugby B-liga: 1ste Gansbaai, 2de Fanie Theron
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'