Gallery
SPORTNUUS - Tydens die 10de Mosselbaai Sport en Rekreasiefees is die tweede Karate vir alle style toernooi op Saterdag, 16 September, aangebied.
Die toernooi is in die Mosselbaai Stadsaal gehou waartydens meer as 100 karateka van verskeie klubs tussen die ouderdomme van 5 en 45 jaar, deelgeneem het.
FOTOGALERY: Karate toernooi suksesvol
Plaaslike klubs soos Karate Do International onder leiding van sensei Kobus Klue, asook Shotokan International van Plettenbergbaai onder leiding van sensei John Peach, het van die toernooi 'n groot sukses gemaak.
Shotokan ZA se bydrae, veral die lede van Krugersdorp, moet vermeld word.
Sensei Elmarie Van Zyl en amptenare het grotendeels ook bygedra tot die sukses van die toernooi.
Karatekas sover as Gauteng het die prestige toernooi bygewoon.
Die burgemeester, Dirk Kotzé, het die geleentheid geopen en het dan ook die sertifikaat vir deelname aan die 11de World Union of Karate-Do Federations (WUKF) se Wêreldkampioenskappe oorhandig aan Schyler Booysen van Mosselbaai Shotokan ZA. Booysen, graad 8 leerder van Hoërskool Sao Bras, het tussen 13 en 16 Julie vanjaar aan die WKUF byeenkoms in Dundee, Skotland, deelgeneem.
Sensei Vernon Petersen en Sensei Robynne Petersen het hul dank uitgespreek teenoor al die deelnemers, rolspeler en veral Mosselbaai-munisipaliteit se bestuur, wat die toernooi moontlik gemaak het.
Seuns 10 jaar van Mosselbaai Shotokan ZA wat 'n driekuns behaal het regs Zlatan Madeira (goud), Joshwin Fillies (silwer) en Liam Fortuin (brons).
Karateka, afrigters, beamptes asook burgemeester, Dirk Kotzé, by die karate toernooi die afgelope naweek by die Mosselbaai Stadsaal.
Pa en dogter kombinasie en organiseerders van die toernooi, sensei Robynne Peterson en sensei Vernon Petersen saam met burgemeester, Dirk Kotzé.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’