MOSSELBAAI NUUS - Die oostelike en westelike jukskeiklubs het op Vrydag, 1 September, die pragtige weer goed benut om kragte te meet op Gouritzmond.
Gouritzmond het spesiaal vir hierdie geleentheid twee ekstra bane gebou om die meer as 68 spelers te akkomodeer.
Daar het twee A-spanne, sewe B-spanne en agt C-spanne ingeskryf vir hierdie kragmeting.
Benewens die westelike spanne van Riversdal, Stilbaai en Jongensfontein en die oostelike spanne van Danabaai, Gouritzmond, Boggomsbaai en Groot-Brakrivier het Hartenbos en George se ligaklubs ook as uitnodigingspanne deelgeneem.
Uitslae
A-afdeling: Buks Scholtz, Chris Viljoen, Koot Swart en Bossie Boshoff.
B-afdeling: Gert van der Merwe, Eufesius Viljoen, Johan Joubert en Frikkie.
C-afdeling: Ronnie, Magriet Hanekom, Susan Grimbeek en Mieta Hamman .
Hierdie manne spog met die eerste plek in die B-afdeling: Gert van der Merwe, Eufesius Viljoen, Johan Joubert en Frikkie.
Hierdie span het geseëvier in die C-afdeling. Agter is Ronnie en voor is Mieta Hamman, Magriet Hanekom en Susan Grimbeek.
Oom Koot Swart laat los met 'n trefferskei.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'