MOSSELBAAI SPORTNUUS - 'n Wen is 'n wen, al is dit met enkele sekondes.
'n Duif van Essie Esterhuizen (AJE Lofts) van die Mosselbaai-posduifklub het Sondag se ope-wedvlug vanaf Victoria-Wes (322km) met slegs 35 sekondes voor die van Faunty Gillmer (Gillroy) ingepalm.
In die jaaroud-wedvlug het Fanie Mollentze, nuweling in die Mosselbaai-klub, sy tweede wen van die 2021-seisoen in die klub geproe en sommer die eerste en tweede plekke ingepalm. Hy spog met nog vier plekke onder die top 30. Gert Wessels behaal die derde plek.
In die junior afdeling het die klub se jongste lid, Jula Meyer die ander juniors uitgestof en vyf van die ses plekke ingepalm. JW Schutte behaal die derde plek, maar spog met al drie plekke in die ope afdeling vir juniors.
Jaaroud: Fanie Mollentze (1, 2, 17, 19, 20, 22); Gert Wessels (3); Chapmar (4, 11, 12, 13, 14); AJE Lofts (5); Gillroy 1 (6, 15, 28, 30); Barnard Lofts B (7, 25); Barnard Lofts A (8, 23, 24, 26, 27); Gillroy 2 (9, 10); Rudolf van Zyl (16); Van Eeden Lofts (18); Daan Stander (21), Jan Marais (29).
Ope: AJE Lofts (1, 14); Gillroy 1 (2, 4, 17, 18, 20); Jan Marais (3); Barnard Lofts A (5, 19, 24, 30); Daan Stander (6, 13, 16, 22); Fanie Mollentze (7, 8, 9, 26, 27); Van Eeden Lofts (10, 11); Hartman Hokke (12, 25); Le Grange Hokke (15, 23); Gillroy 2 (21); Gert Wessels (28, 29).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'