MOSSELBAAI NUUS - Joe Lemos van die Diaz All Flightklub het vir die 2017 wedvlugseisoen uitmuntende prestasies behaal deurdat hy nie net die klub se algehele kampioenskap verower nie maar ook gekroon gaan word as die Tuinroete Posduiffederasie- en Eden Combine-kampioen. Voorwaar 'n baie besonderse prestasie om in die wedvlugduiwesport te kan behaal.
Die kampioen van die dorpseksie is Smalberger-hokke.
Die afgelope naweek se wedvlugte het vanaf Hopetown (540km) plaasgevind en was dit onderskeidelik die duiwe van Larry van Vuuren en Kalahari Boesman wat die klub se ope een en ope twee afdelings wen.
Dit was die laaste wedvlug van die 2017 seisoen. Kalahari Boesman se duiwe presteer weer eens baie goed en verower vir hulle eienaar nie minder nie as 16 plekke in die klub.
Die dorpseksie se ope een afdeling word gewen deur Morné Robertson. Smalberger-hokke behaal die eerste plek in die ope twee afdeling.
Uitslae
Ope een afdeling klub: Larry van Vuuren (1, 10, 16, 20, 26); Joe Lemos (2, 3, 7, 9, 21, 22); Kalahari Boesman (4, 5, 6, 8, 12, 13, 18, 30) Morné Robertson (11); Rhyn van Rooyen (14, 17, 24); Smalberger-hokke (15, 28, 29); Alfie Ladson (19, 23, 27); Jerry van der Mescht (25).
Ope twee afdeling klub: Kalahari Boesman (1, 4, 10, 11, 16, 19, 21, 23); Larry van Vuuren (2, 5, 6, 13, 22, 26, 28); Rhyn van Rooyen (3, 14, 25, 27, 30); Joe Lemos (7, 8, 9, 12, 15, 17, 24); Smalberger-hokke (18, 20); George Bezuidenhout (29).
Ope een afdeling dorpseksie: Morné Robertson (1) Smalberger-hokke (2, 7, 8, 12, 13, 14); Alfie Ladson (3, 4, 6, 9, 11); Jerry van der Mescht (5); Chris Nel (10, 15).
Ope twee afdeling dorpseksie: Smalberger-hokke (1, 2, 5); Morné Robertson (3); Chris Nel (4, 6).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'