MOSSELBAAI ROLBALNUUS - Verskeie lede van Hartenbos-rolbalklub het in die 2019/2020-rolbalseisoen uitgeblink en is daarvoor vereer.
Die volgende spelers het provinsiale kleure verwerf:
Frans Venter en Ansie Olivier (Loeriespan 2019), Kobus Kriel, Brenda Burger en Tish Hockney (Eden 2019) en Ansie Olivier, Kobus Kriel en Tish Hockney (Eden 2020).
Hentie Claassen en Chris Hockney is onderskeidelik as Eden 2020 se vroue en mans senior enkelkampioene aangewys.
Kobus Kriel het ‘n uitsonderlike prestasie behaal deurdat hy vanaf 2015 tot 2020 die Eden-rolbalspan verteenwoordig het.
Eden 2019: Kobus Kriel, Brenda Burger en Tish Hockney.
Eden 2020 vroue en mans senior enkelkampioene, Hentie Claassen en Chris Hockney.
Kobus Kriel, vyf jaar agtereenvolgend in Eden-span.
Eden 2020: Ansie Olivier, Kobus Kriel en Tish Hockney.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'