HARTENBOS SPORT NUUS - Die Hartenbos-rolbalklub het op 29 November hulle jaarlike afsluiting gehou. By hierdie geleentheid is 'n erelidtoekenning aan Pieter Lategan oorhandig.
Pieter was van die eerste persone wat die Hartenbos-rolbalklub gestig het en nog steeds vandag sy deel vir die klub doen.
Bekers is ook aan die onderskeie klubkampioene van die jaar oorhandig.
Hulle is soos volg:
- Vroue-enkels: Susanne van Niekerk.
- Mans-enkels: Bennie van der Westhuizen.
- Vroue-pare: Jakkie Fourie en Coralie van Wyk.
- Mans-pare: Koos Fourie en Johan Wagner.
- Vroue-trips: Tish Hockney, Brenda Burger en Laura Wagner.
- Mans-trips: Willie Tredoux, Chris Hockney en Gert Kruger.
- Vroue-novice: Annelene van Heerden.
- Mans-novice: Arthur Stevens.
Die klub nooi al hul lede, buitelede en besoekers uit om nog heerlike rolbal te kom speel by hulle klub. Hulle speeldae is Dinsdae, Woensdae, Donderdae en Saterdae. Tye is 13:30 vir 14:00.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'