Die kompetisie word landwyd deur PMP aangebied in samewerking met plaaslike jagtersverenigings en alle ammunisie wat gedurende die kompetisie gebruik is, word deur PMP voorsien.
Om in aanmerking te kom vir pryse moes skuts 'n groepering van kleiner as 50 mm oor 'n afstand van 100 m skiet. Diegene wat 'n groepering van minder as 18 mm behaal het sal genooi word om aan die 2014 nasionale kampioenskappe in Pretoria te gaan deelneem.
Die algehele wenner van die dag was Dawie van der Merwe wat met sy .308 'n groepering van 7,46 behaal het.
Die dameswenner van die dag was Susan Lerm (15,06) en die beste junior was Ruthgard Herselman (13,65). Elke skut wat in sy kaliber afdeling die beste gevaar het, het ook 'n prys ontvang. Al die pryse was in die vorm van hemde, pette en ammunisie.

Die skuts wat aan die kompetisie deelgeneem het.