SKAAKNUUS - Sao Bras se o.15-meisie skaakspan het op Vrydag, 18 Augustus, deelgeneem aan die Eden Topskole-toernooi vir Hoërskole.
Hulle het die goue medalje verwerf en is as die beste o.15-span in die Eden distrik gekroon.
Gedurende die naweek van 1 tot 3 September het hulle aan die Wes-Kaap se Topskole toernooi deelgeneem waar hulle die silwer medalje verower het en as die tweede beste span, na Montana, in die Wes-Kaap gekroon is.
Kaitlyn October het ook die bordprys verower en was die beste speler op bord een van al die o.15-meisies in die Wes-Kaap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’