Atlete van altesame 36 lande was by dié eerste byeenkoms vir downsindroomatlete in aksie. Die Proteaspan van 42 lede het aan atletiek, gimnastiek, futsal, swem, tennis en tafeltennis deelgeneem.
Die Suid-Afrikaanse span is deur 'n groot kontingent afrigters, fisioterapeute, bestuurslede en 'n stewige handvol ondersteuners vergesel.
Florence het behoorlik die rooitapyt vir die downsindroomatlete uitgerol en die spoggerige openingseremonie deur die strate van dié stad tot by die bekende Pitte Square was onvergeetlik.