MOSSELBAAI NUUS - Woensdag se skietoefening is deur Suzette Herrer in die .22-afdeling oorheers en deur Gerrie Bester in die 9mm.
Suzette het 'n baie goeie 96/100 behaal en oortuigend gewen. Gerrie het die 9mm net-net teen Donovan Day gewen.
Hierdie tellings belowe vuurwerke wanneer Augustus se kompetisie môre, Saterdag 4 Augustus, plaasvind. Die byeenkoms begin om 09:00 en sal waarskynlik tot om ongeveer 13:00 duur. Alle lede is welkom.
Tellings
Woensdag se beste .22 tellings is: 1. Suzette; 2. Gerrie; 3. Johan Kemp; 4. Sam Tsotso; 5. Rob Cumming; 6. Gert Nel; 7. Donovan Day; 8. Saliem Cader; 9. Willie Nel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'