MOSSELBAAI NUUS - Woensdag se skietoefening is oorhees deur Hannes Ingram in die 9mm en Suzette Herrer en Bennie van den Heever met die .22 oor 10m.
Ounooi Bock se goeie 94/100 het aan haar die derde plek in die .22 oor 10m besorg.
Oor die 10m het die eerste vier skuts almal 90+ behaal en mekaar goed opgedreun. Suzette en Bennie se 95/100 was net te goed.
Beste tellings
.22 oor 10m:
1 Suzette Herrer en Bennie van den Heever;
3. Ounooi Bock;
4. Gert Nel;
5. Gerrie Bester;
6. Samson Tsotso;
7. Kara Hattingh;
8. Johan Kemp;
9. Rob Cumming;
10. Willie Nel.
9mm oor 10m:
1. Hannes Ingram;
2. Gerrie Bester;
3. Samson Tsotso.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 26 September vanaf 11:00 tot ongeveer 13:00 plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'