MOSSELBAAI NUUS - Ervare duiweboer, Rob Edwards (R&R Lofts) het so amper sy eerste wen vir die 2021 duiwewedvlugseisoen in die Mosselbaai-klub gehad toe een van sy duiwe Saterdag, 3 Julie tydens die jaaroud-wedvlug vanaf Britstown (408km) met 46 sekondes deur een van klubvoorsitter, Faunty Gillmer se duiwe geklop is.
Nog een van Gillmer se duiwe neem vir hom die derde plek in met AJE Lofts vierde en Gert Wessels vyfde.
Die opeduiwe is dieselfde tyd as die jongduiwe gelos en hier is dit weer eens Fanie Mollentze wat eerste klok met Barnard Lofts tweede en Mollentze weer derde. Die vierde en vyfde plekke word onderskeidelik deur AJE Lofts en Daan Stander ingeneem.
In die junior-afdeling klok Logan Boshoff eerste in beide die jaaroud- en ope-afdelings. Hy klok ook tweede in die jaaroud met JW Schutte derde en Marzaan van der Linde vierde en vyfde. In die ope-afdeling neem Logan die eerste drie plekke in met JW vierde tot sesde en Marzaan sewende.
Uitslae
Jaaroud: Gillroy 1 (1, 20); R&R Lofts (2, 11, 26, 29); Gillroy 2 (3, 25, 30); AJE Lofts (4, 8, 12); Gert Wessels (5); Chapmar (6, 9, 10, 21); Tol Nel (7); Jan Marais (13, 14, 17, 24); Barnard Lofts A (15); Hartman Hokke (16, 18); Barnard Lofts B (19); Van Eeden Lofts (22); Le Grange Hokke (23); Hekka Fourie (27); Boshoff & Haung RPL (28).
Ope: Fanie Mollentze (1, 3, 15, 30); Barnard Lofts A (2, 17, 26); AJE Lofts (4, 8, 23); Daan Stander (5, 21); Gillroy 2 (6, 11, 18, 28); Van Eeden Lofts (7); Chapmar (9, 10, 16); Le Grange Hokke (12, 13, 19); Gillroy 1 (14, 29); Gert Wessels (20); Boshoff & Haung RPL (22); Hartman Hokke (24); Jan Marais (25); Barnard Lofts B (27).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'