MOSSELBAAI NUUS - Gert Wessels, nuweling by die Mosselbaai Posduifklub, het Saterdag die gedugte duiweboere van die klub met ander oë na hom laat kyk toe hy sommer met die tweede wedvlug van die 2018-seisoen 'n wen in die jaaroud afdeling ingepalm het.
Hoewel hy vir Erik van Eeden met slegs twee sekondes klop, is die gesegte mos 'n wen is 'n wen. Die derde en vierde plekke in hierdie afdeling word deur AJE Lofts ingeneem met Barnard Lofts in die vyfde en sesde plekke.
Klubvoorsitter Christo Pretorius het besluit om sy gesag sommer van meet af te laat geld deur beide die eerste en tweede plekke in die ope afdeling in te neem. Sy twee duiwe klop Gillroy se duiwe ook met enkele sekondes. Gillroy se duiwe neem die derde en vierde plekke in met Le Grange-hokke in die vyfde plek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'