MOSSELBAAI NUUS - Hekka Fourie en Danie Barnard was Mosselbaai-klub se twee voorste vlieërs tydens die afgelope naweek se wedvlug vanaf Prieska (205km).
Fourie klok die wenduif in die jaaroud-afdeling terwyl 'n duif van Barnard se A-span die ope afdeling vir hom wen.
Cas le Grange se duiwe is op vorm en neem vir hom die tweede plekke in beide afdelings in. Hulle behaal vir hom 'n verdere twee plekke in die jaaroud- en vier plekke in die ope-afdeling in. In die jaaroud word die derde plek deur CBS Hokke ingeneem en die vierde en vyfde plekke deur onderskeidelik Jan Marais en Gillroy 1.
Gillroy 1 neem ook die derde plek in die ope in met AJE Lofts en Fanie Mollentze in onderskeidelik die vierde en vyfde plekke.
In die junior afdeling is dit weer eens Logan Boshoff wat die wenners klok. Hy wen beide die jaaroud en ope en neem ook die tweede en sesde plekke in die jaaroud en die sesde plek in die ope in. Marzaan van der Linde klok derde tot vyfde in die jaaroud en tweede en sewende in die ope. Jula Meyer neem net aan die jaaroud deel en klok derde tot vyfde in hierdie afdeling.
Uitslae
Jaaroud: Hekka Fourie (1); Le Grange Hokke (2, 11, 24); CBS (3); Jan Marais (4, 22); Gillroy 1 (5, 12); Gillroy 2 (6, 7, 8, 23); AJE Lofts (9, 29); Barnard Lofts B (10, 20, 25); Hartman Hokke (13, 19); Parkeneers (14); Gert Wessels (15, 16, 17, 21, 30); Daan Stander (18); Fanie Mollentze (26, 27, 28).
Ope: Barnard Lofts A (1, 9); Le Grange Hokke (2, 5, 17, 21, 27); Gillroy 1 (3); AJE Lofts (4, 20, 26); Fanie Mollentze (6, 12, 15, 25); R&R Lofts (7); Barnard Lofts B (8, 18, 19); Van Eeden Lofts (10, 24); Chapmar (11); Daan Stander (13); Gert Wessels (14, 22, 28, 30); Jan Marais (16); Hartman Hokke (23); CBS (29).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'