MOSSELBAAI SPORTNUUS - Faunty Gillmer met Chappie Gertenbach het tydens die afgelope Saterdag se duiwewedvlugte vanaf Strydenburg (480km) die wenduiwe in die Mosselbaai-klub geklok.
Die duiwe is Saterdagoggend om 06:30 gelos met Gillmer wat die eerste duif in die ope 1 wedvlug klok en Gertenbach die eerste een in die ope 2 wedvlug.
Jula Meyer en Logan Boshoff het die wenduiwe in die onderskeie wedvlugte in die junior-afdeling geklok.
CBS was tweede om 'n duif in die ope 1 te klok met Gert Wessels derde, Boshoff & Haung RPL vierde en 4 J Lofts vyfde. In die ope 2 klok Wessels tweede, Daan Stander derde en vierde en Jan Marais vyfde.
Uitslae:
Ope 1: Gillroy 2 (1); CBS (2); Gert Wessels (3, 6, 7, 8, 19); Boshoff & Haung RPL (4); 4 J Lofts (5, 17); Barnard Lofts B (9, 10, 13, 14, 26); R&R Lofts (11); Gillroy 1 (12, 16, 20); Chapmar (15, 21, 25, 28); Jan Marais (18, 27, 29); Hekka Fourie (22); Parkeneers (23); AJE Lofts (24); Le Grange Hokke (30).
Junior ope 1: Jula Meyer (1, 5); JW Schutte (2, 6); Logan Boshoff (3, 4); Marzaan van der Linde (7).
Ope 2: Chapmar (1, 8, 23); Gert Wessels (2, 19); Daan Stander (3, 4); Jan Marais (5); Barnard Lofts A (6, 14, 21); Hekka Fourie (7, 11, 20); Barnard Lofts B (9, 13, 15, 16, 22, 24, 26); CBS (10); Le Grange Hokke (12); Gillroy 1 (17, 18); 4 J Lofts (25); Gillroy 2 (27); Tol Nel (28); R&R Lofts (29); Daan Stander (30).
Junior ope 2: Logan Boshoff (1, 6); JW Schutte (2, 3, 5); Jula Meyer (4); Marzaan van der Linde (7).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'