SPORTNUUS - Erik van Eeden en Fanie Mollentze was die naweek eerste om van hul duifies wat aan die Kimberley (653km) wedvlug deelgeneem het, te klok.
Die duiwe is Sondagoggend om 06:15 in mooi weer op Kimberley losgelaat. Net minder as nege uur later, om 15:10 en 15:09 onderskeidelik, klok Erik die eerste duif in die ope 1 en Fanie die eerste een in die ope 2 wedvlugte.
Jerry van der Mescht en Richard Boshoff neem onderskeidelik die tweede plekke in die wedvlug in met Faunty Gillmer en Hekka Fourie die derde plekke.
In die junior afdeling spog Tashinga Kadye met die eerste en tweede plekke in beide die wedvlugte.
Uitslae
- Ope 1: Van Eeden Lofts (1); Jerry van der Mescht (2, 11); Gillroy (3, 4, 8); Corrie Naude (5, 6, 9, 28, 29); Mollentze Hokke (7); Boshoff RPL (9, 17, 24, 25); Barnard Lofts (12, 19, 20, 26); Anouk (13, 27); Hekka Fourie (14, 15); Boemerang (16, 30); Le Grange Hokke (19, 22, 23); Capes Lofts (21).
- Ope 2: Mollentze Hokke (1, 16, 20); Boshoff RPL (2, 4); Hekka Fourie (3, 27); Barnard Lofts (5, 6, 8, 14, 17, 24, 28, 30); Van Eeden Lofts (7); Corrie Naude (9, 10, 21); Gillroy (11, 18, 22, 23); Capes Lofts (12); Sinkfontein Hokke (13); Daan Stander (19); Anouk (25); Jerry van der Mescht (26); Boemerang (29).
- Junior ope 1: Tashinga Kadye (1, 2, 6, 10); Marzaan van der Linde (3, 4, 5); Zante Strydom (7, 8, 9).
- Junior ope 2: Tashinga Kadye (1, 2, 3, 10); Zante Strydom (4, 6, 8, 9); Marzaan van der Linde 5, 7).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’