Dit is die eerste keer in 20 jaar dat die eer Eden te beurt val.
Eden se dames en ontwikkelingspanne het skoonskip gemaak en alle afdelings oorheers. Die manne het in verskeie afdelings die top drie geëindig ook dubbelgoud behaal deur beide ligas te wen.
Verskeie spanlede is ook gekies vir die nasionale span wat in Augustus in Amerika gaan deelneem.
Piet Lourens (senior mans afrigter), Michael Lourens (o.23 mans afrigter), die o.23 trekkers, Dirkie Hopkins, Jandré Joubert, Johan de Jager en MC Willemse, dames trekkers: Anja Dippenaar, Annalize Horn, Jessica Duminy, Kittie Terblanche, Monzelle Klue en Zureka Kriel en die mans trekkers, André Terblanche, Coetzee Laubscher, Hendri Horn, James Jonker, Johan Booysen, John Vorster en John Oosthuizen sal vir die nasionale spanne diens doen.
Belangstellendes kan gerus vir Julene by juleneserfontein@gmail.com kontak vir meer inligting oor Eden-toutrek.
Die 600kg gemengde span het goud gewen. Links agter: Barries Barnard (aanvoerder), Aidan Vorster, Danthy Hoffman, SJ Marais en Human Willemse. Links voor: Tessa Odendaal, Liz Jonker, Cindy Spangenberg, Nadia Bruce en Jolene Gous.
'Ons bring jou die nuutste Eden Distrik nuus'